Inligting vir ouers
Hier is die praktiese reëlings wat ouers deur die jaar nodig het. As u iets nie hier kry nie, skakel gerus die kantoor.
Boodskappe van die skool kom deur d6
Omsendbriewe, kennisgewings, die kwartaalprogram en dringende boodskappe word deur die d6 School Communicator toep gestuur. Laai dit af, kies Robertson Voorbereidingskool en teken in met die selfoonnommer of e-posadres wat die skool vir u het.
Skoolure
- Graad R
- Somer (kwartaal 1 en 4)07:30 tot 12:15Winter (kwartaal 2 en 3)08:00 tot 12:45
- Graad 1 en 2
- Somer (kwartaal 1 en 4)07:20 tot 13:15Winter (kwartaal 2 en 3)07:50 tot 13:45
- Graad 3
- Somer (kwartaal 1 en 4)07:20 tot 13:15Winter (kwartaal 2 en 3)07:50 tot 13:45
- Graad 3, Dinsdag en Donderdag
- Somer (kwartaal 1 en 4)07:20 tot 13:45Winter (kwartaal 2 en 3)07:50 tot 14:15
- In die eerste twee weke van die jaar is die skooldag vir Graad R van 07:30 tot 11:00.
- Leerders in Graad 3 bly Dinsdae en Donderdae langer vir sport. Wie nie aan sport deelneem nie, kan saam met Graad 1 en 2 huis toe gaan.
Kwartale
2026
- Kwartaal 114 Januarie tot 27 Maart
- Kwartaal 28 April tot 26 Junie
- Kwartaal 321 Julie tot 23 September
- Kwartaal 46 Oktober tot 11 Desember
2027
- Kwartaal 113 Januarie tot 19 Maart
- Kwartaal 26 April tot 25 Junie
- Kwartaal 320 Julie tot 1 Oktober
- Kwartaal 411 Oktober tot 10 Desember
Datums volgens die Departement van Basiese Onderwys. Skoolfunksies en vakansiedae van die skool self word deur d6 gestuur.
Laai die kwartale vir u kalender afSkoolfonds
R13 530 per jaar, oor 10 maande
Die skoolfonds vir 2026 is R13 530 per jaar. Dit word oor 10 maande afbetaal, dus R1 353 per maand, en is voor die 7de van elke maand betaalbaar.
Die skoolgeld vir Graad R word kwartaalliks verhaal en moet vooruit betaal word.
Die skool se bankbesonderhede is voor in die huiswerkboekie. Stuur asseblief u bewys van betaling na admin@rvs.co.za.
Ouers wat nie die volle bedrag kan bekostig nie, kan volgens die departement se skale om vrystelling aansoek doen. Praat vertroulik met die kantoor.
Skooldrag en die klerebank
Leerders dra die voorgeskrewe somer en winterdrag. As u kind weens omstandighede daarvan moet afwyk, stuur asseblief ’n briefie.
Die klerebank verkoop alle skoolklere, behalwe sokkies, skoene en skooltruie, teen kosprys. Dit is Dinsdae en Donderdae van 13:30 tot 14:30 oop.
Merk asseblief al u kind se klere duidelik met sy of haar naam.
As u kind siek is of afwesig
Skakel asseblief die skool voor 09:00 op die dag wat u kind afwesig is, of stuur ’n briefie saam wanneer u kind terugkom.
As u kind langer as twee dae afwesig is, moet u ’n doktersbrief inhandig.
Die leerder is self verantwoordelik daarvoor om werk wat hy of sy gemis het, in te haal.
Die kantoor se nommer is 023 626 3139.
Hoe die skool met u kommunikeer
Elke leerder kry ’n gratis huiswerkboek. Omsendbriewe, versoeke en boodskappe tussen ouers en onderwysers gaan deur die huiswerkboek. Teken asseblief elke dag by die huiswerk en by elke omsendbrief.
Aan die begin van die jaar is daar ’n inligtingsaand in die saal, waarna ouers na die klasse gaan om die klasreëlings te hoor.
In die eerste week van kwartaal 2, 3 en 4 is daar ouerbesoeke van tien minute elk. Die afsprake word per brief aan u gestuur.
Kennisgewings en dringende boodskappe word deur die d6 toep gestuur. Die skool se Facebook groep word gebruik vir foto’s van funksies.
Skryfbehoeftes
Leerders in Graad R en Graad 1 koop ’n volledige skryfbehoeftepakket by die sekretaresse. Die pakket is verpligtend.
Alle skryfbehoeftes moet op die eerste skooldag by die skool wees. Onderwysers laat u deur die huiswerkboek weet as iets aangevul moet word.
Skoolreëls en gedragskode
Die gedragskode is op Christelike beginsels gegrond en is deur die beheerliggaam opgestel ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet. Ons handhaaf dissipline hoofsaaklik deur ’n beloningstelsel, wat jaarliks hersien en skriftelik aan ouers deurgegee word.
Van leerders word verwag om hoflik en lojaal te wees, betyds by die skool te wees en die skool se eiendom met respek te behandel. Die volledige reëls oor gedrag, voorkoms en hare is in die dokumente hieronder.
