Gaan na die inhoud
Robertson
Voorbereidingskool

Oor die skool

Robertson Voorbereidingskool is in die hart van die Breederiviervallei geleë, met die Langeberg aan die noordekant van die dorp. Die skool het ’n Christelike karakter en werk in vennootskap met die ouerhuis.

Geskiedenis

  1. Voor 1894

    Die skool word van stapel gestuur.

  2. 1894

    Die skoolgebou word aangekoop.

  3. 1981

    Die destydse seunskool en meisieskool smelt saam en vorm die Laerskool en die Voorbereidingskool.

  4. Vandag

    RVS het drie klasse in elke graad, van Graad R tot Graad 3.

Visie

’n Strewe om RVS met effektiewe en gehalte onderrig in afhanklikheid van God te bedryf en opvoeding in vennootskap met die ouerhuis te verskaf.

Missie

Die Voorbereidingskool Robertson streef daarna om in Robertson ’n uitnemende skool daar te stel wat:

  • gegrond is op Christelike waardes en norme;
  • ’n unieke en eiesoortige karakter het;
  • elke kind sal lei tot die besef dat hy of sy uniek is en daarom baie spesiaal is;
  • vir elke leerder billike en regverdige geleenthede binne sy of haar vermoë wil skep;
  • opvoeding en onderrig in Afrikaans en Engels aan elke leerder verskaf;
  • gebalanseerde, gelukkige leerders wil vorm wat ’n positiewe bydrae tot die breë gemeenskap kan maak.

Die skoolwapen

Die wapen wys twee rooi sterre bo die blou berge, met ’n tros druiwe uit die vallei daaronder. Die leuse is Werk Getrou, dieselfde woorde wat in die eerste vers van die skoollied voorkom.

Die skoollied

  1. Vers 1

    Hoër en hoër sal ons bou by berge verby na die hemel so blou. Hande saam vir die R.V.S. Werk getrou is ons skool se les.

  2. Vers 2

    Die sterretjies vonkel, die wind sing saam. Hou hoog die eer van ons se goeie naam. Hoera vir die skool waar ons klein begin. Hoera vir die plek waar ons leer sing.

  3. Vers 3

    Vorentoe, vorentoe almal saam, hou hoog ons skool se goeie naam. Ons bid ons hande saam gevou: maak ons, o Heer, in ons werk getrou. Dat ons in huis en skool U mag dien, in vrede en liefde ons lewe begin.