Plan vir
Graad R, Afrikaans, 2026
Onderrig is in Afrikaans.
Skoolure
- Somer, kwartaal 1 en 4
- 07:30 tot 12:15
- Winter, kwartaal 2 en 3
- 08:00 tot 12:45
In die eerste twee weke van die jaar is die skooldag 07:30 tot 11:00.
Kwartale 2026
- Kwartaal 114 Januarie tot 27 Maart
- Kwartaal 28 April tot 26 Junie
- Kwartaal 321 Julie tot 23 September
- Kwartaal 46 Oktober tot 11 Desember
Skoolfonds
Die skoolgeld vir Graad R word elke kwartaal vooruit betaal.
Bedrag per kwartaal: bevestig met die kantoor.
Die bankbesonderhede is voor in die huiswerkboekie. Stuur u bewys van betaling na admin@rvs.co.za.
Ouers wat nie die volle bedrag kan bekostig nie, kan vertroulik met die kantoor praat oor vrystelling.
Skryfbehoeftes
Koop die verpligte skryfbehoeftepakket by die sekretaresse. Alles moet op die eerste skooldag by die skool wees.
Skooldrag
Die klerebank verkoop skoolklere teen kosprys, Dinsdae en Donderdae van 13:30 tot 14:30. Sokkies, skoene en skooltruie koop u elders. Merk elke kledingstuk met u kind se naam.
Boodskappe van die skool
Alle boodskappe, omsendbriewe en kennisgewings kom deur die d6 School Communicator toep. Laai dit af en voeg RVS by met die selfoonnommer of e-posadres wat die skool vir u het.
Dokumente vir die aansoek
Voor die eerste skooldag
In die eerste week
U merke word net op hierdie toestel gestoor.
